Friday, March 21, 2008

Fynetjies

Hy nooi jou vir ete
Jys eers skrikkerig
maar die ete is altyd 'n feesmaal

Die geringste klanke word jou baarmoeder
en jou huis
die geringste weerstand, jou verhaal
jou siening van die heelal, geheel en al
jou woorde gee betekenins aan jouself en jy word mens

soms tuimel jy en word dit weer donker
en die nagereg kleef aan jou verhemelte
soms verwonder jy jouself dat jy ooit daar was

Moet Dit Uit?

Jy vra dat ek jou in 'n gedig moet omtuimel
Jou oë moet vaspen met woorde
Jou voete moet beskryf met parabole en sinne

Jy vra dat ek die winter in jou gemoed
verkleur met metafore
Ek antwoord in die vaagste dat die reënweer soms sal bly

Vergewe die skrywer
want sy woorde tuimel soms in die gebaar
Sy gedagtes dryf in die wemel van sy vrae
Sy magtelose soeke word herhaal
En alles om hom verander in prentjies van vroeër

Hy word geïnspireer deur dit wat hy soms wil voel en diè wat sy gewete teister
Clishces is donners waar!!