Teenstrydigheid was nog altyd iets waarin ek kon glo. Chaos en wanorde nog altyd my gemaksone. Ons is dwarrelende verdwaalde wesens. Ons hardloop kopaf en maak woorde op wat mooi klink en prober dit aan ander afsmeer in die hoop van aanvaarding. Dalk selfs bietjie orde of bewys van iets wat defnitief ongegrond is, afwesig is, onwerklik is. Ons plaas onselfs in boksies en fluister saggies hoe ander nie hierdie waarheid verstaan nie. Die waarheid wat reeds as woord ontbloot is as niks, betekenisloos, ‘n doelose samevlansing van letters wat die mensdom lei op ‘n soektog, ‘n strewe ‘n resies. Als tevergeefs.
Monday, December 07, 2009
Thursday, December 03, 2009
Matigheid voor oë
Matigheid voor oë, maar tog op die prys. Hou die blink kant bo. Hard werk, bo uitkom, saakmaak in `n opgefokte wereld. OP jou knieë bly. Wat presies is hierdie kak wat aan ons verkoop word. Dit kos nie `n sent nie. So dink ons dalk aan die begin, maar dit kos jou hele lewe. `n Ewigdurende geworstel met jouself, dit maak jouself die vyand, ek mag nie dink wat ek dink nie, ek mag nie wees soos ek voel nie, want dit is dalk verkeerd. Wat is verkeerd?. Daar is geen reg of verkeerd nie. Geen reg of weg nie, daar is net. Maar dit word ontneem deur die verkragting van bewussyn. Die kettings om die enkels van jou kreatiwiteit. Ons is elkeen uniek! elkeen sy eie energie, Die mens is `n sosiale alleenloper.
Die soeke na waarheid of selfs die blinde aanvaarding daarvan gebasseer op ander se woorde is die begin van jou paadjie na nerens. Die waarheid is jy. Net jy. Alles waarna jy soek om waar te wees is in jou. Die enigste manier hoe om enige iets te ervaar is deur dit in jouself te soek. Jy voel jou emosies, jy dink jou denke, jy is jou realiteit... Alles waarna jy wil soek buite jouself, gaan jou uiteindelik weer terug lei na jouself. As jy iets dink, doen dit!!! Se dit!! Wees dit!!!
"I think Therefore I am"
- Rene Descartes

Ster
Die delikaatheid van die siel oorspoel
tog soms in die verlatenheid van die erotiese vermenging
van die alledaagse verstaan.
Die verstaan van dinge om jou
die deelname aan die ewigdurende geswoeg.
Maar dit in `n tyd soos hierdie dat sterre soos jy in die hemelruim verskiet

Sunday, October 11, 2009
Nuwe Paaie
Keuses is die straf op my rug
en die vraagteken op jou voorkop.
Wens ek ek kon die weerwil verstaan,
terwyl jy snoesig onder die komberse le,
terwyl ek sit en sug oor gister en onrealistiese dinge.
en die vraagteken op jou voorkop.
Wens ek ek kon die weerwil verstaan,
terwyl jy snoesig onder die komberse le,
terwyl ek sit en sug oor gister en onrealistiese dinge.
Friday, February 20, 2009
Die Laaste Feesmaal
Die skare raas in sy ore en hy onthou hoe hy sy vingers afgelek het, reg vir die feesmaal. Hy dink vlugtig terug aan die harde musiek, die geslaan van dromme en die springende volgers van die liriekprofete. Hy dink aan hoe hy haar weggelok het met slimpraatjies en haar toe stadig maar seker van haar twyfels laat afstand doen het. Hy weet dat hy op daardie oomblik iets verkeerds moes gedoen het, miskien was hy hierdie keer net te haastig, want sy het skielik opgespring en probeer wegskarrel net voordat hy haar om die enkel kon gryp.
Hy onthou hoe sy greep verstewig het om haar enkel en sy naels oor haar vel geskraap het. Hy grynslag toe hy dink hoe hy haar nader gesleep het sonder dat sy eers probeer het om weg te kom. Teen hierdie tyd het die slaappille al ordentlik begin inskop.
Dis ‘n luide geklap van hande wat hom skielik terug in die realiteit inruk. Die laaste vertoning begin, maar hy is steeds vasgevang in die besaar in sy kop.
Hy onthou hoe die gras teen haar wang gekleef het terwyl sy daar langs die tent gele het. Rustig, min wetende van die onafwendbare feesmaal. Hy onthou hoe hy die donker aanvaar het as sy beskermer. Hoe hy die noodlot getart het om selfs geselsies aan te knoop met verbyganers wat haar nie kon sien in die donker kol agter die tent nie. Hy onthou hoe hy eers stadig sy sak uit die kattebak gaan haal het en dit stadig oopgerits het. Amper soos die klank van ‘n “lead” kitaar wat al hoër dwarrel, net soos die een wat nou daar op die verhoog skree.
Hy kyk na die springende kitaargode op die verhoog en verdwaal heeltemal in sy gedagtes, die feesmaal word diep agter lirieke en dansende beelde verberg. Hy voel hoe alles in hom op die maat van die musiek rondsmeer en hoe hy beheer van homself verloor. Net voor sy rug die ruit van die motor tref, proe hy die smaak van haar lipstiffie aan sy tong.
Hy onthou nou eweskielik hoe hy haar bemin het, na haar gestaar het, haar eintlik in sy arms wou hou terwyl sy by haar volle positiewe was, maar dit was buite die kwessie. Hy onthou sy hande oor haar borste, sy greep wat verstewig om haar elegante nek. Hoe hy haar hart kon voel klop in haar nek are. ‘n Stadig, rustig, ontspanne. Hy’t gewonder wat in haar kop aan die maal was. Op watter uitstappie het die slaappil haar geneem? Sou sy ooit die einde van die tonnel bereik voor die feesmaal sou begin?
“Dit was ‘n gelukskoot, volksmoord vir my!!!”
Die woorde laat sy kop willekeurig ruk en hy’s terug in die maalgat wat realisties om hom ronddans. Hy sien die skuttende koppe oral om hom, voel ‘n sigaret tussen sy vingers en die reddened walms oor sy palet. Hy glimlag. Hy sing saam. Hy voel deel! Waarvan weet hy nie, maar hy voel deel.
“’n Gekweste dier in ‘n haas op antibiotika” klap deur sy ore. Slaan hom terug tot by die feesmaal. Hy onthou nou hoe die klopping van haar nek in sy hande verstewig het. Die groot blou oë wat meteens oopgeskiet het. Hy onthou die skielike pyn tussen sy bene. Die krap van die naels in sy nek en gesig. Hy wil vergeet hoe hy ineengestort het, sy ken teen die karspieeltjie gestamp het en toe die warm bloed gevoel stroom het oor sy bors. Hy wil dit vergeet, hy moet dit vergeet.
Die uitblaas van die rook laat hom na nuwe woorde luister uit die towenaar op die verhoog se mond. Hy voel hoe hierdie realitiet die oorhand kry! Hy voel hoe hy beheer kry oor wat om hom aangaan. Hy sien die mense om hom se knikkende koppe en glimlag. Deur die skare sien hy haar helder blou oë naderkom, haar blonde hare en agter haar die manne in uniform, die sirenes.

Sunday, December 28, 2008
Liefde?
Die liefde is 'n idioom
'n woordlose gevoel
'n gevoellose woord
'n verdere boks
'n verdere soeke om te behoort
'n verdere dwang om deel te wees
fok die behoort
Deel van die web
wat jou wurg tot die illusie
wat jou geliefdes glo
'n woordlose gevoel
'n gevoellose woord
'n verdere boks
'n verdere soeke om te behoort
'n verdere dwang om deel te wees
fok die behoort
Deel van die web
wat jou wurg tot die illusie
wat jou geliefdes glo
In Jou
Want jy is self die vyand
Jy is jou eie boks
Jou eie vegetelde
Hou vas aan jou stilte
Want jy is jou eie geraas
Vergewe die duiwel in jou
Want dis wie jy is
Hou op om te luister na stemme van buite
Want dis nie wie jy is nie
Sunday, November 30, 2008
`n Belangriker Afspraak

Hy het haar die eerste keer agter die toonbank by die bank gesien en gehoop dat die assistent hom na haar sou verwys. Hy het gestaan en dagdroom toe die assistent hom in die teenoorgestelde rigting stuur en dit het hom aangemoedig om `n hele paar bankbesoeke in die toekoms af te lê.
Die volgende week het hy haar een middag van die bank af sien terugloop verby die koffiewinkeltjie op die hoek. Hy het van vêr af gestaan en kyk hoe sy ewe elegant van die sypaadjie af syl, haar self bekyk in die motorvenster se weerkaatsing en in die motor klim. Hy het daardie aand gedroom hoe hy haar sou komplimenteer op haar mooi voorkoms en met haar vriendelike glimlag in sy gedagtes, het hy aan die slaap geraak.
Hy het twee dae later weer die bank besoek en hierdie keer seker gemaak dat hy na teller nommer drie beweeg. Hy het sy deposito strokies saggies oor die toonbank laat gly en sy het skaam vir hom geglimlag. Toe hy by die bank uitstap was hy kwaad vir homself omdat hy geen woord kon uitkry nie. Daardie aand het hy voor sy rekenaar gaan sit en `n brief begin tik, maar halfpad deur dit het hy dit uitgevee omdat dit as ouderweds voorgekom het.
Toe hy daarna een middag doelgerig bank toe stap na `n belangrike afspraak met `n knorrige klient, het hy haar by die deur sien staan en haar naamplaatjie het sy oog gevang. Dit het geklink of engele haar naam aan hom bekend maak en die hele dag het haar naam in sy gedagtes rond gewarrel. Hy wou gedigte skryf oor haar beeldskone glimlag, haar perfekte liggaam, haar stille teenwoordigheid, maar kon geen woorde kry wat met haar naam kon rym nie. Hy’t vir die eerste keer verstaan wat dit was om obsessief verlief te wees. Liefde met die eerste oogopslag het vir die eerste keer betekenis gekry.
Dit was asof hy homself kon wees toe hy die eerste keer vra of haar dag vlot verloop het. Hy het haar woorde oor en oor in sy kop laat speel en die oomblik probeer vasvang. Hou wou haar stem die heeltyd hoor en haar vir ewig sien glimlag soos sy daardie dag geglimlag het.
Nadat hy wakker geword het van `n droom gevul met haar glimlag, haar beeldskone glimlag het hy hom reg gemaak vir `n revolusionêre dag. Hy het al sy verantwoordlikhede afgehandel, sy afsprake nagekom en uiteindelik `n ouderwedse brief by die drukker laat uitkom. Hy het flugtig by die trappies na die blommewinkel opgeskarrel en die mooiste bos angeliere in die winkel uitgekies.
Hy het huiwerig buite die deur van die bank gestaan en sy moed bymekaargeskraap. Hy het doelgerig na teller drie gestap en gevra waar sy beeldskone dame was. Die tydelike assistent het vlugtig opgekyk en ewe vriendelik geantwoord: “Laura is ongelukkig nie hierdie week in nie, sy’s op haar wittebrood.“

Monday, November 24, 2008
Stille Sintuig
Die trein se gekrap oor die spore maak hom wakker en Alan besef dat hy sy stasie sopas gemis het. “Shit“, dink hy terwyl hy vinnig sy kaart uithaal en `n alternatiewe roete begin soek. Hy wonder hoekom hy die laaste tyd so moeg is, maar sy denke word vinnig kortgeknip deur `n roete in die rigting van Peckham Rye. Hy sit terug en word rustig met die wete van sy nuwe bestemming.This train is for London Bridge. The next station is Peckham Rye. Alan neem sy akte tas en staan nader aan die deur. Hy druk die knop toe die trein by die stasie stilhou en die deure gly oop. Hy stap op die platform uit en kyk hoe mense in verskillende rigtings dwarrel. “Rotresies“, dink hy terwyl hy staan en wag vir sy trein in die rigting van East Dulwich. Hy is reeds laat en wil nog `n bos blomme gaan optel vir Wilma. Dit voel soos gister dat sy die lêers uit sy hande uit gestamp het toe hy om die draai gehardloop kom. Hy onthou hoe onskuldig sy na hom gekyk het.
Sy denke word vinnig deur die vroulike aankondiger se blikstem verbreuk.
“I am sorry to inform you that the train towards Dartford has been cancelled due to a passenger under the train.”
Sy eerste reaksie soos gewoonlik is om woedend te word en sy aktetas te skop. Hy haal sy horlosie uit sy sak en staan lank daarna en staar. Hy wil skree van frustrasie. Hy wou so graag vanaand gebruik het om dinge reg te maak tussen hom en Wilma. Vandat haar pa oorlede is, het dinge net agteruit gegaan. Sy het nooit meer langs hom by die kaggel kom sit nie en was saans reeds vroeg in die bed. Sy het baie keer siek geword en telke male by die huis gebly van werk af. Sy was die laaste tyd heeltemal afsydig. Alan kon ook seker bietjie meer moeite gedoen het, maar in plaas daarvan om te simpatiseer, het hy kwaad geword net soos wat hy nou kwaad is hier waar hy gestrand is sonder `n roete tot by die huis.
Alan stap met die trappe op en volg die woorde “Way out.“ Hy stap tot buite die stasie en dink daaraan om `n bus te neem tot by die naaste stasie wat hom dalk nader aan `n trein kan neem, wat dalk in die rigting van sy huis gaan. Terwyl Alan by die busstop se informasieborde staan en frons, hoor hy `n vreemde geluid. Alan besef vir die eerste keer dat hy alleen by die busstop staan. “Dit is baie ongewoon vir hierdie tyd van die dag” dink hy. Alan hou ook stewig vas aan die idee dat hierdie nie ‘n baie veilige area is nie. Weer kom die geluid. “`n Mengsel tussen ‘n roggel en treurgeluid” dink Alan terwyl hy beter probeer luister. Die geluid klink uitlokkend en Alan kan nie help om in die rigting daarvan te stap nie. Dit is heeltemal teen sy beginsels om ondersoek in te stel na dinge wat nie te veel met hom te doen het nie. Hy was nog nooit `n baie nuuskierige mens nie. Hy het selfs gesukkel om ordentlik met Wilma te praat oor die ding met haar pa. Hy het nooit vreeslik uitgevra nie en net altyd haar fasade dat sy dit kan hanteer, aanvaar. Hy’t nog nooit daarvan gehou om te gaan krap aan dinge nie en dis hoekom hy nou begin twyfel of hy die geluid tog moet volg. Maar tog beweeg sy voete in die rigting van die geluid.
Die geluid neem `n vorm van desperaatheid aan. Dit klink soos iets wat vir hulp skree, maar teselfde tyd die vermoë het om hulp te verleen en dit is dalk die rede waarom Alan na die geluid toe stap. Hy is self nie seker of hy hulp nodig het en of hy hulp moet verleen nie. Hy dink dit is dalk waarom hy Wilma nooit so bygestaan het soos hy moes nie, omdat hy self hulp nodig gehad het, en self ondersteuning gesoek het. Net soos wat Wilma haar pa se siekte moes hanteer, moes hy wat Alan is, haar periodiese ineenstortings hanteer. En hoe ondersteun ‘n gekraakte pilaar ‘n dak wat reeds besig is om in mekaar te val?
Die geluid word nou harder soos wat Alan nader kom. Daar is dierlike elemente in die geluid, maar tog `n leidraad van menslike emosie. Soos die gekreun van pyn, maar tog vreugde aan die einde van elke skelling. Alan loop verby die verspreide Graffiti. Die kunstenaar met kuns as die laasde intensie van sy sketse. “Free da weedz” lees hy in die verbygaan terwyl die geluid hom steeds nader lok. Alan loop stadig maar doelgerig. Die rede agter die vreemde gekreun sy enigste doel, sy enigste rede vir hom hier in die vreemde, maar in sy agterkop knaag Wilma nog.
Dis asof hy geweet het dat dit die laaste keer sou wees dat sy by die deur sou uitloop en hierdie keer nie terug sou kom nie. Hy kon in haar hele houding sien hoe sy afskeid neem van sy woonstel. Haar laaste blik na die fotos op die koffietafel en die laaste klank van die deur se knip wat stewig in plek val. Dit was die einde van nog een van hulle stil oorloë. Die reuse stilte gevul met pyn en vrae. Asof dit wou oorloop met harde woorde gevul met verwyte, maar dit het net by stilte gebly. Die eerdere wegkruip sonder om te vra wat fout is. Die verdraging van die stilte bo die pyn van die realiteit. Sonder die proses van geneesing.
‘n Koue sweet slaan meteens oor Alan se hele lyf uit en hy besef dat die geluid ‘n welbekende klank aangeneem het. Dieselfde geluid wat hy kort na sy skoonspa se eerste beroerte gehoor het. Die geluid wat hy gevrees het hy sou hoor die aand nadat Wilma finaal uitgestap het. Die waarskuwende klanke as ‘n simbool van redding, hulp en dalk uiteindelik die dood. Die geluid skree luidkeels die sirenes van ‘n ambulans en Alan besef dat hy weereens voel of hy wil omdraai. Sy soeke het verander in ‘n skrikwekkende figuur. Dis weer konfronteer of flug, dink Alan. Sy regter voet beweeg twyfelagtig voor die linker en dan volg die linker verbasend vinnig. Alan loop in die rigting van die sirenes. Hy draai links verby die armoedige Indiër winkeltjie. “Play tonight for your last chance to win big.” Lees Alan teen die ruit.
Net om die draai onder die bruggie waar die treinspoor oor die hoofstraat hardloop sien hy die bedrywigheid. Die flitsende ligte die gedreun van mense stemme. Die bestandele in die resep vir sy uitlokkende geluid. Alan het geen idea waar die nuuskierigheid in hom vandaan kom nie. Hy staan nader, baie nader. Hy weet dat die ou Alan sou wegdraai, sou wegloop en aangaan met sy lewe sonder om hom te bind by enige iets wat hom uit sy eie realiteitjie kon lig. Alan beur deur die klein skaretjie mense. Alles gebeur in stadige aksie, hy hoor niks hy voel niks hy’s net gefokus op die middelpunt van die bystaanders se kringetjie.
“Can you please stand back sir!” sê die konstabel wat rooi en blou flikker onder die sirenes se ligte.
“I said can you please stand back sir.”
Die woorde laat hom besef wat hy aanskou en dit ruk hom. Ruk alles in hom. In die verbygaan van die ambulans bed sien hy haar hand met die ring wat hy so goed ken. Sy oë beweeg op en sien haar elegante arm, haar nek en haar beeldskone gesig. Die woorde van vroeër skiet soos ‘n pyl deur sy kop. “due to a passenger under the train.” Alles is skielik terug na normale spoed en hy beur agter die waentjie aan.
“Sorry sir, you are not allowed to be in this area.” Kom die waarskuwing van die jong konstabeltjie.
Maar Alan hoor nie ‘n woord nie en beur deur die konstabel se kloue tot agter in die ambulans. Hy sit en staar na die gesig wat leweloos op die ambulans bed lê. Die res van haar liggaam is bedek met lakens. Trane bult in sy geskokte oë.
“Ek is hier Wilma.”
“Ek is nou vir altyd hier.” Sê hy terwyl die geluid stadig in ‘n eentonige gepiep verander.
Sunday, September 21, 2008
Voicemail
Die telefoon lui net. Aanhoudend. Hy moes al seker neergesit het maar hy hou aan en word verslaaf aan die ritmiese luitoon. Sy kop begin maal en flitse van kindergsigte word duidelik in sy kop. Hy beleef die aaklige gelag van die kinders op die speelgrond en hy wat alleen met stof op sy skoene en broek staan.
Hy voel hoe die groter seun vorentoe stap en hom vol in die maag slaan, hy voel hoe sy knieë lam word en hoe hy snak na sy asem. Hoe hy in ineenstort sonder om ‘n enkele geluid te maak.
Hy staan op en vee die stof van sy broek af. Dis lank nadat die klok gelui het en hy besluit om nie terug te gaan klas toe nie. “Hierdie is in elkgeval ‘n kak plek” dink hy terwyl hy by die voorhek van die verbeteringsentrum uitstap en sy iPod uit sy sak haal. Dromme klap in sy ore
“Cassius it’s over, you’re second best.”
Hy trek die groen baadjie en trui uit en gooi dit in die grys drom voor die One-Stop shop” , rol sy moue op en stap die winkel binne. “Pakkie Stuyvesant Filter asb.” Die armsalige ou agter die toonbank kyk hom snaaks aan en gee die pakkie sigarette stadig aan.
“Moet jy nie in die skool wees nie?”
“Lyk dit vir jou of ek in die fokken skool moet wees?
Die man agter die toonbank se naamplaatjie lees “Theunis”. Hy sê geen woord nie en neem die bondel kleingeld.
“Thuenis van die One-Stop Store!” Lag hy kliphard terwyl hy die winkel verlaat. “Fokken loser!!!”
Terwyl hy loop skeur hy die pakkie oop en sit ‘n sigaret in sy mond. Die gebeure van vroeër op die skoolgrond knaag nog in sy agterkop. Hy stap deur die bouvallige buurt en staar na die gebreekte ruite en skoon vuil wasgoed wat op die stoepe hang. Snaaks hoe veilig hy hier tussen al hierdie gemors voel. Hy gaan sit op die naaste padbankie en steek die sigaret aan. Hy kyk weer na die stof op sy skoene en spoeg op die sypaadjie. Die walms trek deur die krake in sy brein en hy voel sekondes van ontspanning. Sy Ipod hammer stewig The Used in sy ore:
“Just say what you want to say
It’s kind of funny how we’re not listening anyway”
Gedagtes moshpit deur sy kop.
“Ek gaan nie more weer na daai fokken plek toe nie, ek gaan ook nie vannand na daai gemors van ‘n man in my ma sy huis nie”
“My Ma? Ek wens dit kon ‘n given wees!”
“Ek gaan ook nie weer na daai fokken freak met sy dik brille toe wat my die heeltyd vra hoe ek voel nie.”
“En ook nie na oom Fred toe met sy leë geskenke en vuil look in sy oë nie.”
“Ek gaan ook nooit weer gaan huil by die begrafplaas nie, want sy kom nie fokken terug nie.”
Hy staar na sy foon en sien steeds die nommer op sy foon. Hy het nog nooit die guts gehad om dit af te vee nie. Miskien wou hy nog nooit glo dat dit wat gebeur het nie en dat Jules regtig weg is nie. Hy bel nog elke dag die nommer en sluk die trane oor haar stem op die voicemail.
“ Hello! Jules here, I’m not available… Hahaha, I’m not in the mood to talk to you honey, leave your voice … hahaha… you’re tickling me!!”
Hy hou die foon vir oulaas tussen sy Fingers.
“Ek gaan ook nooit weer hierdie fokken nommer bel nie.” Sê hy hardop terwyl hy die groen telefoontjie druk. Teen sy sin, maar vir oulaas. Dit neem langer as gewoonlik om na die voicemail oor te gaan. ‘n Koue sweet slaan skielik oor sy hele lyf uit. Die telefoon begin ritmies aan die anderkant lui.
Hy begin haar stem aan die anderkant hoor. “Hello…” Hy wag vir die woorde wat hy al so goed ken, maar dit bly by “Hello”. Dan nog ‘n “Hello is anybody there? Is it you Brian? I know you can’t talk to me. I just want to tell you that I’m fine! It wasn’t your fault. I’m not upset. I’m very very happy where I am now, so stop worrying about me. You’ll see me soon…”
Die harde stem van Mr Winston maak hom wakker.
“Brian!” Brian!! Is jy ok? Lyk my dit was ‘n hard hou!? Kom! Vee die stof van jou klere af. Maak dat jy in die klas kom!!”

Friday, March 21, 2008
Fynetjies
Hy nooi jou vir ete
Jys eers skrikkerig
maar die ete is altyd 'n feesmaal
Die geringste klanke word jou baarmoeder
en jou huis
die geringste weerstand, jou verhaal
jou siening van die heelal, geheel en al
jou woorde gee betekenins aan jouself en jy word mens
soms tuimel jy en word dit weer donker
en die nagereg kleef aan jou verhemelte
soms verwonder jy jouself dat jy ooit daar was

Moet Dit Uit?
Jy vra dat ek jou in 'n gedig moet omtuimel
Jou oë moet vaspen met woorde
Jou voete moet beskryf met parabole en sinne
Jy vra dat ek die winter in jou gemoed
verkleur met metafore
Ek antwoord in die vaagste dat die reënweer soms sal bly
Vergewe die skrywer
want sy woorde tuimel soms in die gebaar
Sy gedagtes dryf in die wemel van sy vrae
Sy magtelose soeke word herhaal
En alles om hom verander in prentjies van vroeër
Hy word geïnspireer deur dit wat hy soms wil voel en diè wat sy gewete teister
Clishces is donners waar!!

Sunday, February 10, 2008
Die hartenseer
Die ooghoeke het geskeur
die lig het verbeur
Die vrede het sy gang gegaan
Vededig die seervlekke
Die rooigloed in haar ewigheid
deur sy verbeelding versuur...
Iets wat wreed vreet word dikwels in die gemoed deur
jou donkerste monster oordonder en dan word jy mal

Wednesday, April 18, 2007
ISA se Gedig
Dis 'n lewe vol geloof
in 'n wereld sonder vrede...
Dit is wat Hy beloof
as ons glo in ons gebede
Dis uitsien na eendag
in 'n duister hede
Dis 'n kind wat lag
gered na 'n donker verlede
in 'n wereld sonder vrede...
Dit is wat Hy beloof
as ons glo in ons gebede
Dis uitsien na eendag
in 'n duister hede
Dis 'n kind wat lag
gered na 'n donker verlede
Filter
Filter filter deur my
maak die skeure slenter
vervul met asemrowende gebeure
in die tye van nou.
kyk daar is 'n punt aan jou sin
'n volle stopse
'n einde
'n nood
Luister as die leeraar
skreeu van aangesig tot aangesig
Sien jou weer!
maak die skeure slenter
vervul met asemrowende gebeure
in die tye van nou.
kyk daar is 'n punt aan jou sin
'n volle stopse
'n einde
'n nood
Luister as die leeraar
skreeu van aangesig tot aangesig
Sien jou weer!
Wednesday, November 01, 2006
Vier Bergie-Poësie
Ambag Adel
Van hande-bak-hou ‘n ambag gemaak
en elke sypaadjie ‘n Sealy Posturepedic
Vir laatslaap die duurste prys betaal
met sente uit vuil palms
Slim praatjies of dalk net waarheid
laat Alleman se sente brand
Dwing hom dalk tot leuenaar
of ongewillige Samaritaan
Deur die vryheid van die lewe
in gevangenis gehou
Deur goedkoop wyn se walms
en dalk besluite te berou
Silver
“Goeie middag meneer...
Ek verkoop boekmertjies, maar ‘n donasie is ook welkom”
Uit die oë van ‘n oom
word ‘n vlam in my groter
Uit sy growwe, growwe hande
vloei sy paadjie regdeur my
Aantreklik kon hy eens
as jongeling soos ek
Nog droom oor groot gebergtes
uit die diepte van ons see
Maar nou, bukkend voor my
Met hande omgekeer
Is ek te bang om uit te vra
Te bang vir al die seer
Los sente kom te voorskyn
Terwyl note in my brand
En steeds dink ek aan Silver
Met ‘n boekmerk in my hand.
Klein Robbie (2000-2006)
In die donker van die avond
In die steur van die nag
Lê ‘n klein bruin seuntjie
tussen berigte versmag
sy drome bly drome
deur spirits en gom
Die winter word kouer
en die einde roep hom
sy asem word minder
en lyk al meer soos rook
sy lyfie ruk ritmies
sy ruggie trek krom
Sy naam was klein Robbie
En niemand mis hom.
Simon
In die skadu van sy naamgenoot
Word hy al jare groot
Verborge tussen akkers
Nog nooit verlos uit sy noot
Spaar sente, los lente
Rooi oog in die weer
Groen dampe van oorsprong
Vir vyf rand ‘n stop
Sy werk is sy lewe
Soos dokter of boer
Hy slaap in sy klere
En word min verroer
Sy leisels le traag
Sonder iemand wat lei
“My geloof is al jare by my verby.”
Simon staan stil dat meneer na jou kyk
Toemaar dis fine oubie
die duiwel sal wyk
Gelukkig is jy en min van jou soort
Wat geluk vind in rondlê en onmin vermy
Rooi, groen en geel om jou arm sê jy?

Wednesday, October 11, 2006
Paradroom
Tussen gedagtes vind die winter
Gestalte in my droom
Saam met als wat wese, sein betref
Totdat als daarin omvou
Wou ek weet waar ek vandaan kom
En waarheen ek moet gaan
Deur brede of deur smalle weg
Saam volgers heen of leiers fort
Met vrae wat skok en plek bewaar
vir beitel op die leë tablet
Tabula rasa word gevul
Deur praatjies, vrae wat als onthul
Teen oë wat skree en water stort
Tot als weer eendag helder word...
Gestalte in my droom
Saam met als wat wese, sein betref
Totdat als daarin omvou
Wou ek weet waar ek vandaan kom
En waarheen ek moet gaan
Deur brede of deur smalle weg
Saam volgers heen of leiers fort
Met vrae wat skok en plek bewaar
vir beitel op die leë tablet
Tabula rasa word gevul
Deur praatjies, vrae wat als onthul
Teen oë wat skree en water stort
Tot als weer eendag helder word...
Wednesday, October 04, 2006
Ja
Soms as ek aan my naastes dink
word alles stil en ek verdrink
Ek soek na ongevonde blou
in als van jou deur nou vervou
Ek vra en smeek
Ek vra en smeek
Maar net te sag
die hart verbreek.
word alles stil en ek verdrink
Ek soek na ongevonde blou
in als van jou deur nou vervou
Ek vra en smeek
Ek vra en smeek
Maar net te sag
die hart verbreek.
Laaste vraag
Is dit alweer
Daardie tyd van die jaar
Dit weer te laat
Dit als laat vaar
Hoe lank sal ek nog aan jou kleef
Die beste mors, vir jou vergeef
Ek struikel deur die dagte gang
En als van jou, 'n hartseer bang
Los jou vaste
Volg dit na
Ek's als in jou
Tot nerwe, als die laaste vrae...
Daardie tyd van die jaar
Dit weer te laat
Dit als laat vaar
Hoe lank sal ek nog aan jou kleef
Die beste mors, vir jou vergeef
Ek struikel deur die dagte gang
En als van jou, 'n hartseer bang
Los jou vaste
Volg dit na
Ek's als in jou
Tot nerwe, als die laaste vrae...
Nie Jou
Verwilderd deur die gedagtes in jou
Dis nie jou skuld nie
Vervaag is als aan jou gebied
Dis nie jou skuld nie
Verhinderd deur geraas
Van als in jou
Van almal om jou
Verjaag deur jou naastes
Vervleg in al jou struikels
Dis nie jou skuld nie...
Dis nie jou skuld nie
Vervaag is als aan jou gebied
Dis nie jou skuld nie
Verhinderd deur geraas
Van als in jou
Van almal om jou
Verjaag deur jou naastes
Vervleg in al jou struikels
Dis nie jou skuld nie...
Subscribe to:
Posts (Atom)