Dis asof alles nou begin
en alles tot einde staan
in die niet van jou en alles om jou
Maak jy deure oop
Glimlag skuins en wonder
"Is jy my verlosser"
Voor poorte wat lei
tot duisend oseane
Staan net die dun gesaaides...
Friday, September 29, 2006
Wednesday, September 27, 2006
Dwaling
In watter winters dwaal jy my geliefde?
Waar in die groot sterreruim is jou kleure boog?
Is dit die vrae in die verlate van gister
Wat die eentonigheid deur die hede dra?
Wortel jy steeds in die grafte van Sion
En vlug jy steeds oor die draak se rug
Vol leemtes en strewe na vals geluk
Sonder enige soeke na soekende mae
In watter stegies swerf jy my geliefde?
In watter deursigtige ruim wentel jou smart?
Is dit die vrae van verdrukte kantore?
Wat die verstotenheid van die hede dra?
Waar in die groot sterreruim is jou kleure boog?
Is dit die vrae in die verlate van gister
Wat die eentonigheid deur die hede dra?
Wortel jy steeds in die grafte van Sion
En vlug jy steeds oor die draak se rug
Vol leemtes en strewe na vals geluk
Sonder enige soeke na soekende mae
In watter stegies swerf jy my geliefde?
In watter deursigtige ruim wentel jou smart?
Is dit die vrae van verdrukte kantore?
Wat die verstotenheid van die hede dra?
Hawelose
Ink vloei uit die pen
van die hawelose digter
Mense loop op straat
Nimmer maar nugter
Volkopskote klink die nagte in
Terwyl woorde sterf tussen lyne in
Uit die swart van die hand
Vloei woorde na die wit
Roemryke rymelary
Poëtiese smokkelary
Maar skryf sal hy skryf
Want die swartman is vry.
van die hawelose digter
Mense loop op straat
Nimmer maar nugter
Volkopskote klink die nagte in
Terwyl woorde sterf tussen lyne in
Uit die swart van die hand
Vloei woorde na die wit
Roemryke rymelary
Poëtiese smokkelary
Maar skryf sal hy skryf
Want die swartman is vry.
DIS
Dis die geel vlekkies in jou oë
Dis die wêreld in die donker
Dis my verlange na die vroë
Dis my kennismaking met Jonker
Dis my onderdrukte taal
Dis my vasgemaakte vlees
Dis die skape in die kraal
Dis Raka wat ons vrees
Dis die verlede van jou brein
Dis die oopgeskeurde siel
Dis die maanlig dowwe skyn
Dis onself wat dit verniel
Dis die einde van 'n era
Dis die begin van ons vrees
Dis die mense met gewere
Oneindig, hate vrees.
Dis die wêreld in die donker
Dis my verlange na die vroë
Dis my kennismaking met Jonker
Dis my onderdrukte taal
Dis my vasgemaakte vlees
Dis die skape in die kraal
Dis Raka wat ons vrees
Dis die verlede van jou brein
Dis die oopgeskeurde siel
Dis die maanlig dowwe skyn
Dis onself wat dit verniel
Dis die einde van 'n era
Dis die begin van ons vrees
Dis die mense met gewere
Oneindig, hate vrees.
JOHNNY
Johnny was 'n eerbare lid van ons gemeente
'n Opregte vader, eggenoot en vriend.
Hy't gefight in die struggle
en sy sondes bely
Hy't hard gewerk
en 'n eerbare salaris gekry
Hy't 'n voorbeeld gestel
aan die misleide jeug
'n Vroutjie gekry
en met haar getrou
Haar liefgehad en sy woord gehou.
Hy't twee kinders die wereld gebied
Sy lewe geleef en toe homself geskiet.
'n Opregte vader, eggenoot en vriend.
Hy't gefight in die struggle
en sy sondes bely
Hy't hard gewerk
en 'n eerbare salaris gekry
Hy't 'n voorbeeld gestel
aan die misleide jeug
'n Vroutjie gekry
en met haar getrou
Haar liefgehad en sy woord gehou.
Hy't twee kinders die wereld gebied
Sy lewe geleef en toe homself geskiet.
Subscribe to:
Posts (Atom)