Wednesday, September 27, 2006

JOHNNY

Johnny was 'n eerbare lid van ons gemeente
'n Opregte vader, eggenoot en vriend.

Hy't gefight in die struggle
en sy sondes bely
Hy't hard gewerk
en 'n eerbare salaris gekry

Hy't 'n voorbeeld gestel
aan die misleide jeug

'n Vroutjie gekry
en met haar getrou
Haar liefgehad en sy woord gehou.

Hy't twee kinders die wereld gebied
Sy lewe geleef en toe homself geskiet.

1 comment:

Chris Nash said...

Ek sê mos altyd dat dit is 'n straf om normaal te wees. Ek kyk na al die mense wie só hard probeer om eenders te lyk. En wat van hulle? Net nog 'n meisie wie se naam ek kan nie onthou? Nóg 'n goeie soldaat vir wie die trompet speel? Net nog 'n goeie man soos al die ander?
Ek wil hé dat mense moet van, oor en met my praat!
Dankie vir die denk wat jou gedig geinspereer het.