Teenstrydigheid was nog altyd iets waarin ek kon glo. Chaos en wanorde nog altyd my gemaksone. Ons is dwarrelende verdwaalde wesens. Ons hardloop kopaf en maak woorde op wat mooi klink en prober dit aan ander afsmeer in die hoop van aanvaarding. Dalk selfs bietjie orde of bewys van iets wat defnitief ongegrond is, afwesig is, onwerklik is. Ons plaas onselfs in boksies en fluister saggies hoe ander nie hierdie waarheid verstaan nie. Die waarheid wat reeds as woord ontbloot is as niks, betekenisloos, ‘n doelose samevlansing van letters wat die mensdom lei op ‘n soektog, ‘n strewe ‘n resies. Als tevergeefs.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment