Matigheid voor oë, maar tog op die prys. Hou die blink kant bo. Hard werk, bo uitkom, saakmaak in `n opgefokte wereld. OP jou knieë bly. Wat presies is hierdie kak wat aan ons verkoop word. Dit kos nie `n sent nie. So dink ons dalk aan die begin, maar dit kos jou hele lewe. `n Ewigdurende geworstel met jouself, dit maak jouself die vyand, ek mag nie dink wat ek dink nie, ek mag nie wees soos ek voel nie, want dit is dalk verkeerd. Wat is verkeerd?. Daar is geen reg of verkeerd nie. Geen reg of weg nie, daar is net. Maar dit word ontneem deur die verkragting van bewussyn. Die kettings om die enkels van jou kreatiwiteit. Ons is elkeen uniek! elkeen sy eie energie, Die mens is `n sosiale alleenloper.
Die soeke na waarheid of selfs die blinde aanvaarding daarvan gebasseer op ander se woorde is die begin van jou paadjie na nerens. Die waarheid is jy. Net jy. Alles waarna jy soek om waar te wees is in jou. Die enigste manier hoe om enige iets te ervaar is deur dit in jouself te soek. Jy voel jou emosies, jy dink jou denke, jy is jou realiteit... Alles waarna jy wil soek buite jouself, gaan jou uiteindelik weer terug lei na jouself. As jy iets dink, doen dit!!! Se dit!! Wees dit!!!
"I think Therefore I am"
- Rene Descartes
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Die struwel van jare is nou gepen op papier, n Feit wat almal weet, maar min die oe het om te sien. Die vraag is nou wat maak jy met jou insigte...
Post a Comment